Not Logged in
SARL News Bulletin Archive



Home

Bulletin by e-mail
Bulletin Archive


SUID-AFRIKAANSE RADIOLIGA NUUS VIR SONDAG 9 JUNIE 2019

Goeiemôre en welkom by die weeklikse nuus uitsending van die Suid-Afrikaanse Radioliga, gelees deur ________________________ (jou naam, roepsein en QTH)

Die Suid-Afrikaanse Radioliga saai elke Sondag nuus bulletins in Afrikaans sowel as Engels om 08:15 en 08:30 Sentraal Afrika Tyd onderskeidelik uit op HF sowel as op verskeie BHF- en UHF-herhalers. Hierdie uitsendings word ook via Echolink herlei deur Johan, ZS6JPL. 'n Potgooi is ook beskikbaar op die Liga se web tuiste. ‘n Oudio opname sowel as ‘n teks weergawe kan van die Liga se webblad, www.sarl.org.za, afgelaai word, en jy kan ook daar inteken om nuwe bulletins per e-pos te ontvang.

Ons begin die bulletin met nuus van twee stil sleutels.

Dit is met leedwese dat ons aankondig dat die sleutel van Colin Hoffman, ZS6HC op 18 April 2019 stil geword het en dat die sleutel van Siebert Benade, ZR1SM op 2 Junie 2019 stil geword het.

Ons betuig ons opregte meegevoel aan hulle families en vriende.

POUSE

In die nuus vandag:

DIE HAMMIES NAELLOOP VANMIDDAG

DIE BHF WERKSWINKEL PROGRAM UITGEBREI

en

DIE STREEK 1 KINDERDAG EN DIE SARL JEUG NAELLOOP VOLGENDE NAWEEK

Bly ingeskakel vir meer inligting oor hierdie en ander interessante nuusitems.

DIE HAMMIES NAELLOOP VANMIDDAG

Die Hammies Naelloop is 'n prettige aktiwiteit om kontakte tussen Hammies en radio amateurs in Suider-Afrikaanse lande te bevorder met die klem op ZU-stasies en sal volgende Sondag van 14:00 tot 15:00 UTC op die lug wees. Die uitruiling is 'n RS-verslag en jou provinsiale afkorting, stasies buite Suid-Afrika gee 'n RS-verslag en DX. Foon aktiwiteit vind plaas tussen 7 063 en 7 100 en tussen 7 130 en 7 200 kHz.

Logstate in ADIF, Cabrillo of MS Excel genaamd "my roepsein Hammies" moet per e-pos ingedien word teen Sondag 16 Junie 2019 aan chairman@zs6zu.org.za of zr6dx@iafrica.com. Die MS Excel logstaat kan gevind word op die kompetisie bladsy van die Liga webwerf. Die reëls vir die kompetisie kan gevind word op bladsy 61 van die 2019 Blouboek.

DIE BHF WERKSWINKEL PROGRAM UITGEBREI

Pine Pienaar, ZS6OB sal Saterdag 20 Julie 2019 by die BHF-werkswinkel aansluit. Hy sal praat oor die belangrike rol wat antennas in BHF-werking speel. Hy sal ook die verskillende aspekte bespreek om oor na te dink wanneer antennas gekies en geïnstalleer word. Die praatjie deur ZS6OB sal 'n toevoeging tot verskeie ander opwindende aanbiedings, insluitend 'n debat oor Vertikale versus Horisontale polarisasie deur Dick Coates, ZS6BUN. Kry die volledige besonderhede en die bestelvorm op www.amsatsa.org.za. Die BHF werkswinkel is gesamentlike gebeurtenis van die SARL en AMSAT SA. Moenie die geleentheid misloop wat jou amateur radio ervaring na 'n nuwe vlak sal neem nie.

LED- EN KRAGBESPARING LAMPE

Die SARL begin met 'n projek om LED- en kragbesparing lampe te lys wat veilig in jou huis en radio kamer gebruik kan word sonder om steurings te veroorsaak. Jy mag vra hoekom nie andersom nie. Die eenvoudige verduideliking is dat die SARL nie negatiewe kommentaar oor 'n produk kan publiseer nie, tensy wetenskaplike toetse bewys het dat 'n produk steurings veroorsaak. Ons kan egter produkte wat verenigbaar met amateur radio is aanbeveel. Stuur vir ons besonderhede van produkte wat jy as steuringsvry kan aanbeveel. Sluit 'n foto in. Die e-pos adres is artoday@sarl.org.za.

Jy luister na ʼn nuus uitsending van die Suid-Afrikaanse Radioliga wat heruitgesaai word deur die Wesrand ARK om 11:15 op Sondae op die 145,625 MHz herhaler en op 7,140 MHz.

DIE STREEK 1 KINDERDAG EN SARL JEUG NAELLOOP VOLGENDE NAWEEK

Die Streek 1 Kinderdag is 'n daglange gebeurtenis op Saterdag 15 Junie met aktiwiteite van 80 tot 10 meter en jongmense word aangemoedig om op die lug te kom en wêreldwye QSOs met ander jongmense te maak. Die inligting verskyn op bladsy 44 en 45 van die Junie 2019 Radio ZS.

Die SARL Jeug Naelloop vind plaas vanaf 12:00 tot 14:00 UTC op Saterdag 15 Junie en is 'n foon kompetisie op 40 meter. Die uitruiling is 'n RS-verslag en die operateur se ouderdom. Kry al die inligting op bladsy 54 van die 2019 SARL Blouboek.

QO-100 WEEKLIKSE NET

Met meer as 10 ZS-stasies wat reeds op die QO-100-satelliet aktief is, is dit moontlik om 'n gereelde weeklikse netwerk te begin om idees en eksperimente met betrekking tot die werk van die satelliet te deel. As jy dink dat hierdie net die moeite werd is, deel asseblief jou idees en voorstelle in 'n e-pos (volgens SARL databasis) of WhatsApp boodskap aan Cor, ZS6CR.

'N RAE KANDIDAAT KAN' N DRAAGBARE RADIO WEN

Op Saterdag 21 Junie sal die Bellville RAE-kandidate by 'n wynplaas buite Durbanville bymekaarkom om hul eksamenuitslae te vier en om hul nuwe roepseine te gebruik. 'n Splinternuwe BHF/UHF draagbare radio, geskenk deur Dirk Lotz, ZS1X sal deur een van die kandidate in 'n gelukstrekking gewen word. Die SARL bedank Dirk vir die skenking.

LIDMAATSKAP AANSOEKE

Die SARL het lidmaatskap aansoeke van Gerard Staal, PA2PGU; Paul Allen, ZR1PJA; Ian Laubscher, ZS1LAU; Pieter Zwemstra, ZR6IQ en Marius Swart, ZR6P ontvang. Enige besware teen hierdie lidmaatskap aansoeke moet die Liga-sekretaris bereik voor die Woensdag na aanleiding van hierdie bulletin. Stuur asseblief jou besware aan secretary@sarl.org.za

HF VOORTPLANTINGSVOORSPELLING

Hannes Coetzee, ZS6BZP, berig dat die verwagte sonaktiwiteitsvlak laag gaan bly. Tans is daar geen sonvlekke sigbaar nie. Diegene wat hulle eie frekwensievoorspellings wil doen, kan 'n verwagte effektiewe sonvlektelling van een vir die week gebruik. Amateurs kan bruikbare DX openinge op die 15 tot 30 m bande verwag. Besoek gerus die webtuiste spaceweather.sansa.org.za vir meer inligting.

Nou die Dagboek van Gebeure vir die volgende paar weke:

Vandag - die Hammies Naelloop
15 Junie - die Streek 1 Kinderdag en die SARL Jeug Naelloop
16 Junie - Jeugdag en Vadersdag
17 Junie - Openbare vakansiedag en Wêreld QRP Dag
20 tot 24 Junie - die SARL Top Band QSO Party
21 Junie - Winter sonstilstand
21 tot 23 - Ham Radio 2019 in Friedrichshafen
22 Junie - die AJV van die Namibiese Amateur Radioliga in Windhoek
22 en 23 Junie - die ARRL Velddag

Om die bulletin mee af te sluit, ‘n opsomming van ons hoof berig:

Die Hammies Naelloop is 'n prettige aktiwiteit om kontakte tussen Hammies en radio amateurs in Suider-Afrikaanse lande te bevorder met die klem op ZU-stasies en sal volgende Sondag van 14:00 tot 15:00 UTC op die lug wees. Die uitruiling is 'n RS-verslag en jou provinsiale afkorting, stasies buite Suid-Afrika gee 'n RS-verslag en DX. Foon aktiwiteit vind plaas tussen 7 063 en 7 100 en tussen 7 130 en 7 200 kHz.

Dit bring ons aan die einde van hierdie bulletin.

Die Suid-Afrikaanse Radioliga se nuusdiens nooi klubs en individue uit om nuus brokkies van belang vir radio amateurs en kortgolf luisteraars in te dien. Plaas nuus berigte indien moontlik, in beide Engels en Afrikaans op die Suid-Afrikaanse Radioliga webtuiste onder die 'news inbox' skakel nie later as die Donderdag wat die bulletin datum voorafgaan nie.

Luister elke Sondagoggend om 10:00 Sentraal Afrika Tyd na "Amateur Radio Today". Daar is herleiding op 7,082 kHz laer syband en verskeie herleidings op BHF en UHF frekwensies regoor Suid-Afrika. 'n Heruitsending vind op Maandae aande om 19:30 Sentraal Afrika Tyd op 3,620 kHz plaas. Ons ontvang graag jou seinrapporte, kommentaar en voorstelle, stuur 'n e-pos aan artoday@sarl.org.za.

Jy het geluister na 'n nuusuitsending van die Suid-Afrikaanse Radioliga, saamgestel deur Dennis Green, ZS4BS/3, geredigeer deur Johan de Bruin en gelees deur ...........................................................

Die Afrikaanse Nuusspan groet nou en wens jou `n mooi week toe. Totsiens.

/EX


Copyright © 1997- 2006  South African Radio League
Last modified: 14 April 2003